BREYTENBACH, Breyten
Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif
want niemand sal 'n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel
Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos 'n engel by jou bly
soos vlerke, wit soos 'n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie.
die tongvervreemding
wanneer jy die moedertong
in my mond laat verdor
neem jy die wêreld weg
verduister jy my geheue
maak jy dat ek as vreemdeling
en sonder ’n eie paar skoene
die toekoms moet ondergaan
wat ek nie meer fatsoeneer nie
wat ek nog net interpreteer
en nie penetreer nie
wanneer jy die taal
van my wegneem
ruk jy die hart uit my drome
om dit te vervang
met die mondmaniere
van ’n tong wat nog net
die blinde werk van miere kan doen
wanneer jy van my ’n massasyfer maak
om soos ’n gefuikte papegaai
te pik-pik na sy nabootsing
maak jy dat ek ’n weesmens is
in die leë huis van my vaders
sonder taal om my afwesigheid te beween
en omdraai met oop monde ek het oor brûe geloop en mense daaronder gehoor hoes ek het grysaards gesien wat in taxi’s ry en deur reëndik ruite uitkyk na geboue wat nie meer daar is nie. sneeu in die winter en druiwe in die somer maar ek onthou nie meer veel daarvan nie
voëls van alle groottes en visse in die water en die suiderkruis bo ‘n berg en katte met stewels en dronk vroue en bome naak van bloeisels. sneeu in die winter en druiwe in die somer maar ek onthou nie meer veel daarvan nie
die roep van treine en stemme in my bed en gode op die dak en ek het drake gesien in dieretuine en die baarde van vriende en ek het die son geruik. sneeu in die winter en druiwe in die somer maar ek onthou nie meer veel daarvan nie
maar ek onthou nie meer veel daarvan nie
|
en zich met open mond zien omdraaien ik heb over bruggen gelopen en heb mensen daaronder horen hoesten ik heb grijsaards gezien die in taxi’s reden n door regendikke ruiten naar gebouwen keken die r niet meer waren. sneeuw in de winter
en druiven in de zomer maar ik
water en het Zuiderkruis boven een berg en katten met laarzen en dronken vrouwen en bomen ontbloot van bloesems. sneeuw in de winter en druiven in de zomer maar ik
herinner mij er niet veel meer van
de roep van treinen en stemmen in mijn
draken gezien in dierentuinen en de baarden van vrienden en ik heb de zon geroken. sneeuw in de winter en druiven in de zomer maar ik herinner mij er niet veel meer van maar ik herinner mij er niet veel meer van
|